Make a careful exploration of who you are and the work you have been given, and then sink yourself into that. Don't be impressed by yourself. Don't compare yourself with others. Each of you must take the responsibility for doing the creative best you can with your own life. Gal 6:4-5 - The Message
Elke mens se lewe is 'n avontuur; 'n reis van diep betekenis. Op hierdie reis is die grootste ontdekking die wonder dat God 'n verhouding met jou wil hê en saam met jou op hierdie reis wil wees. 'n Verhouding met Hom - die Maker van elke mens - moet jou noodwendig vorm om die doel waarvoor jy gemaak is, te ontdek en uit te leef.
As gemeente is ons 'n groep mense wat saam op hierdie reis is. God gebruik hierdie saamwees om ons te help om te ontdek wie ons is en hoe Hy ons wil gebruik. So vorm Hy ons ook om steeds meer te leef vir die doel waarvoor ons gemaak is. Vanuit die omgee van gemeente-wees betree ons ons wêreld soos wat God dit betree: met die begeerte om deur ons lewe van diens 'n verskil te maak. Ons lewe met betekenis deur vir ander mense om te gee en hulle te dien met die gawes en vermoëns wat ons Maker aan ons gegee het. Eden Gemeente begeer om jou te help om op hierdie reis te wees.
Pinkster Sondag - 5/27/2012 12:30 PM
Pinkstertyd - 5/18/2012 1:00 AM
Church Website Powered by SAChurch.